Die voorsitter (Frik Birkenstock),
Frik aangeheg kan jy ‘n kennisgewing kry ter insae oor die sel foon registrasie. Teen die tyd behoort jy deeglik bewus te wees van die registrasie maar die aanhegsel is daar sodat ek later daarna kan verwys.
Agtergrond:
1) Die arbeiders en hulle gades moet ook die registrasies meemaak.
2) Hulle het selfone en woon te So-Ja deur ‘n betaling van huurgeld.
3) Hulle was bewus gemaak dat dit sal moet geskied.
4) Hulle is bewus dat sekere aksie van hulle kant benodig word.
5) Ek het intensiewe studie gedoen oor die aangeleentheid maar dit nog nie oorgedra aan die arbeiders nie.
Probleem:
1) Volgens die benodighede punt op die kennisgewing moet die arbeiders elk ‘n dokument voorlê om verblyf te kan bewys. Volgens die owerhede sou hulle dan onder die ‘informal settlement’ klousule ressorteer. Volgens die owerhede sou dit dan So-Ja (of dan beter bekend as ‘Posbus 4, Waterpoort’) ressorteer.
2) Volgens wat my kennis strek is Posbus 4, Waterpoort dan geregistreer as ‘n privaat adres en nie So-Ja adres nie? Maar dit kan nog omseil word mits die privaat eienaar van die posbus dan die dokumentasie, soos voorgeskryf, kan oorgee. Maar dit veroorsaak ‘n nuwe probleem. Dit moet die stempel van die owerheid op die dokumentasie he. Dus die eienaar van So-Ja wat nie die eienaar van die posbus is nie.
3) Die probleem van die punt bo genoem kan weer omseil word deur bewyse te lewer dat die arbeiders hulle pos ontvang op die plek waar hulle salaris uitbetaling gemaak word.Gelukkig is die persoon wat die uitbetaling doen dan ook ‘n direkteur en mag hy homself voordoen as eienaar van So-Ja. Maar basies word die bewys dan gedoen as onder ‘n eed verklaring en sal die persoon dan bereid wees om onder eed so ‘n verklaring te wil maak? Want dit kan lang termyn ongerief veroorsaak.
4) Omdat die arbeiders van So-Ja eintlik ongeletterde is het die probleem eintlik nooit voorheen voorgekom nie en is ook nooit in die verlede (sover my kennis strek) ooit geadresseer nie.
5) Verteenwoordigers doen die ronde maar omdat die hek gesluit is en geen kontak nommer beskikbaar is nie word ons nie in ag geneem nie.
6) Ek kan nie die probleem aanspreek nie want:
a. Die arbeiders rapporteer nie aan my nie
b. Ek is nie die eienaar of kurator van So-Ja nie en sal myself wan voorstel.
c. Die arbeiders huur nie die eiendom van my nie
d. Ek het nie ‘n aanstelling brief of stempel van die eienaar of kurator om die taak af te handel nie.
Moontlike oplossing:
1) Die bestuur verklaar onder eed dat (deur middel van die voorgestelde brief):
a. Die arbeiders die woongebied huur
b. Waar hulle pos afgelewer word
c. Die stempel op die brief eienaarskap verteenwoordig
2) Die bestuur verduidelik die omstandighede aan die arbeid
3) Die bestuur reel dat die registrasies geskied want die arbeider moet persoonlik teenwoordig wees vir die registrasie.
Groete
Waterpoort, 0905
073 073 3505
Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/
Google profile: http://www.google.com/profiles/ernestbes/
This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses.