Die voorsitter (Frik Birkenstock),
Frik,
Dit het onder my aandag gekom dat die bestuur regsaksie teen my ingestel het? Kan jy my asseblief inlig oor wat die regsaksie behels want ek het nog geen bewyse hiervan ontvang nie.
Die persoon wat my hieroor ingelig het bespiegel ook dat dit die regstappe dan moontlik in ‘n privaat hoedanigheid mag geskied? As dit wel ‘n privaat aangeleentheid is wil ek die voorsitter herinner aan ‘n saak wat so om en by ‘n jaar gelede onder hulle aandag gebring is. Deur slinkse pos is daar gepoog om my tweede erf af te rokkel en ek het die bestuur verwittig dat die bestuur nie daarop moet reageer nie want ek het nie my toestemming vir die uitruil gegee nie. Die voorsitter se antwoord was “dis ‘n privaat aangeleentheid en die bestuur kan nie betrokke raak nie”. Dus, as regstappe dan in ‘n privaat hoedanigheid teen my gerig word is die bestuur dan nie partydig deur hulle betrokkenheid by die aangeleentheid nie?
As dit partydig is hoekom teen my diskrimineer? Is dit omdat ek nie deel vorm van die bestuur ‘kliek’ nie?
Baie kan argumenteer dat die bestuur (soos van hulle verwag word) onpartydig voorkom. Kom ons kyk na die waarheid:
1) Dawid Bosch verklaar dat ‘n saak teen my gemaak is (in sy privaat aangeleentheid of as bestuurslid?)
2) Die bestuur raak betrokke in die debat en aanvaar dus dat dit ‘n bestuur aangeleentheid is en daarvoor is die voorsitter dan direk verantwoordelik.
3) Daar word nie genoem wat die klag was nie maar sou dit bespreek gewees het en nie opgeteken wees nie, mag daar ‘n moontlike wetsverbreking van die hou van notules wees?
4) Die voorsitter prys dan
5) Geen bewyse word verder gelewer oor wie betaal die hofsaak teen my nie. Die bestuur het aanvaar dat dit hulle aangeleentheid is en partydig laat hulle Dawid Bosch die aanstigtings werk doen, sonder om my eers in te lig. En dit blyk te geskied in sy privaat hoedanigheid?
6) Nogtans word voorheen aan my gerapporteer dat die bestuur nie betrokke raak in privaat aangeleenthede nie?
Kan jy my meer hieroor inlig?
Groete
Waterpoort, 0905
073 073 3505
Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/
Google profile: http://www.google.com/profiles/ernestbes/
This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses.
No comments:
Post a Comment