Saturday, 6 March 2010

Die voorsitter (Frik Birkenstock),

 

Frik,

 

Dit het onder my aandag gekom dat ‘n sekere gedeelte van die Suid Afrikaanse wet baie keer deur die bestuur veronagsaam word. Die gedeelte gaan oor bewysstukke en privaat dokumentasie.

 

http://andrekirsten.quartershark.com/Docs/Documentary%20evidence-Volume%201.doc.

 

Bostaande is ‘n ‘link’ van ‘n gedetailleerde dokument wat dan die probleem uiteensit maar ek sal poog om in die e-pos net aan te spreek wat op my en my gade dan van toepassing is. Jy kan op die ‘link’ kliek en die dokument self studeer.

 

Aldus die definisies van ‘common law’ wys punt twee uit dat die e-pos ingedien kan word as ‘n bewysstuk. Maar dit sluit ook dan foto’s, video en klankbane in. Dit mag selfs oudmodiese tegnologie soos bandopnemers insluit. Al die voorbeelde genoem word dan ook as ‘dokument’ benoem. So kan dit ook beskryf word as ‘n geskrewe, ‘n gedrukte, ‘n video,  bandopnemer, ens, dokument.

 

Aldus die definisies van privaatheid word dié dokument ook dan gedefinieer as ‘n privaat dokument en mag nie versprei word sonder die toestemming van die eienaar nie. Nog minder mag dit ingedien word as bewysstuk sonder toestemming van die eienaar.

 

Dus nou juis waar die probleme in kom. Die doel van dié dokument is om bewys te lewer dat die bestuur baie keer die Suid Afrikaanse wet veronagsaam. Op die stadium aanvaar ek dat dit per ongeluk gebeur en gaan kwade gevoelens word daarby bedoel nie. Ek gaan dus net ‘n paar voorbeelde noem.

 

Voorbeelde:

1)       Ek skryf ‘n e-pos aan die voorsitter waar ek ‘n vraag stel oor die ‘trip switch’ in die DB kassie. Uit die bloute uit kry ek ‘n snydende en walglike e-pos wat my uitkryt as ‘n oningeligte omdat ek nie vergaderings bywoon nie. Maar die voorsitter wat vergaderings bywoon weet ook nie. Sy bywoning verseker ook nie kennis nie en versterk my opinie dat ‘vergaderings ‘n mors van tyd is’. Maar dit gaan nie daaroor nie. Die e-pos is ‘n privaat dokument wat gerig is aan die voorsitter met ‘n afskrif vir liassering aan die sekretaresse. Die probleem is “hoe het die persoon daardie e-pos in die hande gekry om daarop te antwoord”? Drie moontlikhede:

a.       Die voorsitter het dit ingedien as bewys aan die persoon sonder toestemming

b.       Die sekretaresse het dit ingedien as bewys aan die persoon sonder toestemming en dus ondermyn die voorsitter

c.       Ek het dit ingedien (en ek weet dis onwaarskynlik)

2)       Ek skryf ‘n e-pos aan die voorsitter (met afskrif aan die sekretaresse vir liassering) waar ek hom vra of dit ‘n nuwe president is om die hek oop te los. Party mag die e-pos sien as sarkasties maar omdat aandeelhouers geen terug voer kry nie forseer dit aandeelhouers om vrae te vra. In die vergadering, wat nou bekend staan as die “fiasko vergadering”, dreig een van die bestuurslede my gade dat hy die dieselfde aan haar sal doen as wat hy my gedoen het as sy haar nie gedra nie. Sy stelling was “ek het reeds ‘n klag van karakterskending ingedien omdat jou man my beskuldig omdat ek die hek oopgelos het”. Maar dit gaan nie oor die dreigement nie. Dit is nog ‘n saak vir ‘n later geleentheid. Volgens ‘n regskenner sou die bestuurslid dan bewyse moes kan indien vir die karakterskending saak. Al bewyse is die e-pos gerig aan die voorsitter. Die probleem is “hoe het die persoon daardie e-pos in die hande gekry om dit te gebruik as bewys?” Drie moontlikhede:

a.       Die voorsitter het dit ingedien as bewys aan die persoon sonder toestemming

b.       Die sekretaresse het dit ingedien as bewys aan die persoon sonder toestemming en dus ondermyn die voorsitter

c.       Ek het dit ingedien (en ek weet dis onwaarskynlik)

3)       In die ‘fiasko vergadering’ nooi een van bestuurslede almal uit om ‘n dokument te besigtig wat hy in sy besit het. Hy nooi dus almal uit om ‘n bewysstuk te besigtig. Die bewysstuk sou dan as bewys dien dat ek dink die vergaderings is ‘n mors van tyd maar stuur dan my vrou (as my slaaf?) om die vergaderings by te woon. Maar dit gaan nie oor die slawerny of sy ongevraagde beledigings omdat my gade nie volwasse genoeg is om haar eie besluite te neem nie of miskien gaan die beledigings omdat sy ‘n gebore vrou is. Albei beledigings wat die teen grondwet van Suid Afrika is. Maar dit gaan nie nou oor die beledigings nie. Die probleem is die uitnodiging wat die bestuurslid rig. Hoe het die bestuurslid die toestemming verkry? Drie moontlikhede:

a.       Omdat die vergadering onder beheer van die voorsitter geskied moes die voorsitter sonder toestemming van die eienaar die bestuurslid toestemming verleen het

b.       Die bestuurslid het eie regtig homself die toestemming gegee

c.       Ek het toestemming verleen (en ek weet dis onwaarskynlik)

 

Frik, dis nie al wat al voorheen gebeur het nie maar is net voorbeelde. As dit met my gebeur het aan hoeveel meer? Kan jy laat weet watter voorsorgmaatreëls in plek gesit word om te verseker dat dit nie weer gebeur nie?

 

Groete

 

 

 


Ernest Bessinger

PO Box 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Google profile:  http://www.google.com/profiles/ernestbes/

 

This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses. Ernest Bessinger therefore does not accept liability for any errors or omissions in the contents of this message, which arise as a result of e-mail transmission. If verification is required please request a hard-copy version.

 

No comments:

Post a Comment