Sunday, 14 March 2010

Dokumentasie tussen aandeelhouer 13 en So-Ja

Die voorsitter (Frik Birkenstock),

 

Frik,

 

Die afgelope paar maande het ek baie navorsing gedoen oor dokumente, dokumente tipes, dokument berging en dokument gebruik. Ek het tot die slotsom gekom dan daar baie twyfel heers oor die onderwerpe en het moontlik gelei tot baie wrywing tussen my familie (my gade en ek) aan die een kant en So-Ja se bestuur aan die ander kant. In my ondersoeke het ek baie misleidende inligting teengekom en nog meer onkunde blootgestel. Om alles in een dokument saam te vat sal definitief verwarrend wees en geen doel dien nie. Van die grootste lesse wat ek die jaar geleer het is:

1)      Moet nooit met iemand wat hardekwas is stry nie (en dit het niks met So-Ja te doen nie maar met een van my werk projekte wat tans mee besig is)

2)      Elke dokument wat geskep word het ‘n eienaar en toestemming moet verkry word om dit te versprei en kopieer.

3)      Elke dokument wat geskep word het ‘n doel en daardie doel moet baie duidelik uitgespel word

4)      Dokumente is nie net op papier nie. Met die digitale era is meeste dokumente nou papier loos en alle definisies van privaatheid moes gedaante verwissel ondergaan om tred te hou hiermee. Bv. Dit is nou wettig om enige van jou privaat gesprekke op te neem (sonder toestemming) solank die dokument se doel nie is om ‘n kriminele oortreding te veroorsaak nie.

5)      Niemand mag aangekla word vir wetsoortreding sonder om die spesifieke wet wat oortree word aan te haal nie. Byvoorbeeld dit is eintlik verkeerd om te sê “hy verbreek die wet” daar moet gepraat word van “volgens wet so-en-so oortree hy die wet”

6)      Niemand is skuldig van ‘n oortreding totdat daar ‘n hofuitspraak gemaak is en die betrokke persoon gevonnis is nie. Net ‘n hofuitspraak maak ‘n persoon skuldig. Tot en met die hof uitspraak is dit net ‘n beweerde verbreking van die wet. Ek persoonlik het myself al baie maal skuldig gemaak hieraan en besef nou dat dit baie ernstige gevolge kan hê.

 

Dus die doel van dié dokument: “dokumentasie tussen die Bessinger familie as aandeelhouer (aandeel 13) en die bestuur van So-Ja (die Aandeleblok)

 

A) Dokumentasie na die voorsitter en Afskrif na sekretaresse:

 

So 3-4 jaar gelede maak die bestuur ‘n presedent besluit nl “Alle dokumentasie wat vanaf my (aandeelhouer 13) of my gade ontvang word, moet deur regskenners goedkeuring geskied”. Dit het verreikende nagevolge waarvan baie oorgesien en omseil word. Die probleme met so ‘n besluit was:

1)      Dit was suiwer ‘n bestuursbesluit wat nooit na die aandeelhouer oorgedra was nie. Die aandeelhouer is bewus gemaak hiervan deur middel van ‘n derde party aandeelhouer.

2)      Die doel van so ‘n besluit was nooit aan die aandeelhouer bekend gemaak nie. As dit bepreek was, was dit blykbaar nooit op die bestuur notule aangebring nie. Dus, die notule was nie ‘n volledige weerspieëling van die werklikheid nie.

3)      Omdat die spesifiek besluit net aan een aandeelhouer aangewend moes word, moes die aandeelhouer se gebruiksreg aangepas word. Daar is baie debat oor gebruiksreg en sal later in die dokument oopgevlek word.

4)      Die aandeelhouer het per toeval daarvan te hore gekom en tot die besluit gekom dat ten einde laaste sien die bestuur in dat die probleme wat gerapporteer word moontlik regskenners benodig om op te los.’n Baie positiewe besluit wat ten volle harte deur die aandeelhouer ondersteun word. Miskien was dit wensdenkery en het die bestuur ander bedoelings gehad?

5)      Omdat die aandeelhouer nie in ag geneem was nie, was dit in nabetragting ‘n geval wat geskep was van “ons en hulle”. Dit het die aandeelhouer sekere besluite laat neem wat teen die bestuur gewerk het.

6)      Daar is geen sinergie waarby die bestuur dan baat kon vind om hulle werk te vergemaklik nie. Die hoofdoel van die aandeelhouer dokumente (soos gesien deur die aandeelhouer) dat as hy probleme kon uitwys bespaar dit die bestuur om iemand aan te stel om dit te doen. Maar, ook omdat die aandeelhouer ook gesien kan word as mede eienaar beskerm hy nie net sy aandeel nie maar So-Ja in die algemeen. Maar die bestuur mag dit sien as inmenging?. Ek persoonlik het ondervind dat die bestuur praat van “hulle is net aandeelhouers”. So asof die bestuur ‘n Mafia stelsel beoefen. Vraag aan die bestuur “kan daar bewyse gelewer word, en waar, wat die bestuur meet regte gee as aandeelhouers (siende dat hulle net 2% van die aandele elk besit. Presies soos enige ander aandeelhouer)”.

Die nagevolge van so ‘n besluit was:

1)      Die bestuur het ‘n massiewe sekuriteit stelsel moes skep om die gewaarborgde dokumente te stoor en te bewaar.

2)      Die presedent was geskep om ander aandeelhouer dokumentasie ook deur dieselfde stelsel te verseker. Maar dit mag massiewe ekstra werk veroorsaak.

3)      Verwarring is geskep oor die rede/s waarom so ‘n besluit in plek gestel was. Ek het op die volgende moontlikhede afgekom:

a.       Om die ernstige probleme wat uitgewys word deur die aandeelhouer te probeer oplos en dus so die bestuur se take van die aandeleblok ernstig te kon opneem

b.      Om te verseker dat indien die uitgewysde saak ooit hof te mag gaan dat die bestuur ammunisie het om hulle saak te verdedig

c.       Dit was suiwer ‘n saak van intimidasie, terrorisme of teistering teen die aandeelhouer. Dit het eers nou (in nabetragting) my opgeval dat dit ‘n moontlikheid was. Vernaam met die geval wat voorgekom met die fiasko vergadering.

d.      ‘n Ander rede wat ek nie kon aan dink nie. Miskien kan die bestuur nou die vraag antwoord “Wat was eintlik die rede vir so ‘n besluit?”

 

B) Hoekom ‘n afskrif vir die sekretaris?

In ‘n vorige e-pos (van my gerig aan die bestuur) was aangeheg ‘n wetlike bespreking oor watter dokumente as aanvaarde wetlike bewysstukke aanvaar word. As daar dan na ‘n regskenner gegaan word kan ‘n paar dinge gebeur:

1)      Regs advies kan aangevra word.

2)      Dokumente kan bestudeer word en die regskenner kan dan ook kommentaar daaroor lewer (en dis wat die bestuur besluit het wat moet gebeur).

As die regskenner die dokumente bestudeer, benodig hy gewaarborgde afskrifte. Dis nou waar die afskrifte na die sekretaris ‘n rol speel.Tesame met die bestuur se besluit dat alle dokumente van die betrokke aandeelhouer en gade bestudeer word.

 

So, met die presedent besluit wat die bestuur geneem het (en in die vorige hoofpunt genoem) moes die bestuur dan gewaarborgde afskrifte bekom en inhandig. Totdat die teendeel kan bewys word, moet ek aanvaar dat die bestuur dit wel uitgevoer het. Hulle het ook dan die regs adviseur se terugvoer (ten minste die gewaarborgde afskrif van die opsomming) saam met die gewaarborgde dokument geliasseer? Indien nie laat dit dan die vraag: wat was die doel van so ‘n besluit wat die bestuur geneem het?

 

Om sinergie te veroorsaak en so die werk van die bestuur te verlig het die aandeelhouer hier betrokke dan ‘n gewaarborgde afskrif na die sekretaris/se gestuur. Die doel was dat:

1)      die voorsitter kry die dokument (afskrif van die oorspronklike)

2)      Die voorsitter (of sy afgevaardigde) kan die dokument dan na die regskenner neem

3)      Die sekretaris/se kan verifieer dat dit ‘n gewaarborgde afskrif is (want hy/sy kry ook ‘n afskrif van die oorspronklike dokument)

4)      Die gewaarborgde afskrif van die regskenner word saam met die aandeelhouers dokument geliasseer

5)      Die saak word by die volgende bestuursvergadering bespreek, gedokumenteer, en besluite word geneem.

Die doel was nooit:

1)      Die sekretaris/se moet dit versprei as ‘n algemene dokument (sonder toestemming van die eienaar nie)

2)      Die sekretaris/se moet dit lees en daarop reageer nie

3)      Dit moet ekstra werk aan die bestuur veroorsaak. Inteendeel: sou die bestuur alles moes doen wat hulle hulleself ingelaat het voor, sou die bestuur nie tyd gehad vir enigiets anders nie. Die metode toegepas is die goedkoopste, veiligste en die minste arbeid (alhoewel die duurste vir die aandeelhouer) vir die So-Ja in die algemeen en die bestuur spesifiek.

 

 

Maar voor daar kan aanvaar word dat die stellings bo waar is moet daar gekyk word na digitale en analogiese stelsels en hoekom digitale dokumente makliker aanvaar as analogiese dokumente. Ek gaan dit vlugtig bespreek maar enige persoon is welkom om meer hieroor te vra en ek sal poog om dit te beantwoord (sover as moontlik). Dit is ongelukkig ‘n geweldige ingewikkelde onderwerp wat die moderne mens op alle vlakke van sy lewe beïnvloed. Insluitend Godsdiens. Maar ek sal dit beperk tot die kommunikasie tussen So-Ja en die spesifieke aandeelhouer.

 

Eers ‘n eenvoudige definisies:

Analogies – meganiese instrumente en dokumentasie (bv posstukke) waarvan die formaat nie direk in ‘n rekenaar formaat oorgeskakel is nie (nie gebruik maar formaat)

Digitaal: meganiese instrumente en dokumentasie (bv e-pos) waarvan die formaat al reeds in rekenaar formaat oorgeplaas is (formaat en nie gebruik)

 

Dus omdat die formaat van toepassing is moet daar ook na die gebruik gekyk. Dit is moontlik om digitaal en analogies te vermeng. En Suid Afrika is juis besig met ‘n gedaante wisseling waar dit baie in algemene gebruik sal kom met digitale TV. Die outydse TV is analogies. Die nuwe uitsending sal digitaal wees. Dus sal daar dan DAC (digital to analogue conversion) geskied om die oudmodiese stelsel te laat werk. Die teenoorgestelde (ADC) gebeur ook in moderne motorkarre om die sensor se inligting te verander sodat die rekenaar daarop kan reageer. Die groot voordeel van digitale stelsels 1) die rekenaar kan analise doen en daarop reageer 2) die rekenaar kan akkuraat met ander rekenaar kommunikeer en daarop reageer 3) die sein kan baie maklik weer opgebou word as dit begin verswak. Dus dit vergemaklik die mens se lewe derduisende maal.

 

Redes hoekom die poskantoor minder werk kry is omdat koste minder te doen met die saak en akkuraatheid van die digitale stelsels is primêr. Akkuraatheid is juis nou waar die dokument na die sekretaris/se betrokke raak. As posstuk sou die sekretaris/se ure of selfs maande se werk he om dit dokument afskrif te waarborg. En, die koste vir So-Ja sal enorm wees (dit is natuurlik die goedkoopste vir die aandeelhouer want hy het al reeds die oorspronklike. Hy het nie nodig vir enige afskrifte of waarborge nie).

 

Hopelik sal dit nie nodig wees om die akkuraatheid van analogiese dokumente te bewys nie. So, hoekom word digitale dokumente makliker aanvaar? Elke digitale dokument het ‘n ‘vinger afdruk’ of ‘time stamp’ wat die afskrif kan waarborg. Die probleem met ‘n drukstuk is dat die ‘vinger afdruk’ verlore gaan en nou begin die probleem van waarborge wat al tot hofsake gelei het om dit te bewaarborg. As voorbeeld (‘n e-pos onlangs ontvang met die detail uitgelaat):

X-Message-Delivery: Vj0xLjE7RD0wO2w9MQ==

X-Message-Info: JGTYoYF78jEHjJx36Oi8+Z3TmmkSEdPt3Mi6GgUSv7yYKHQgGfDe+2wCW4LegkYQav29Pp7Mm4E=

Received: from mail-ew0-f225.google.com ([209.85.219.225]) by snt0-mc2-f46.Snt0.hotmail.com with Microsoft SMTPSVC(6.0.3790.3959);

                 Thu, 16 Jul 2009 05:17:41 -0700

Received: by mail-ew0-f225.google.com with SMTP id 25so75967ewy.9

        for <ernest.bes@live.co.za>; Thu, 16 Jul 2009 05:17:40 -0700 (PDT)

DKIM-Signature: v=1; a=rsa-sha256; c=relaxed/relaxed;

        d=gmail.com; s=gamma;

        h=domainkey-signature:received:received:message-id:from:to:references

         :subject:date:mime-version:content-type:x-priority:x-msmail-priority

         :x-mailer:disposition-notification-to:x-mimeole;

        bh=zO8XyhZ303XCylCnTS9gmEaKExeTwwYHqjFWAPL+97k=;

        b=uwKw9G7sY0XgyGExtAQNexVLQefpgQrnJGBOZjNAza4nq2VMvvtRIGBKpWoy7JYNmy

         pyffdcluZZW/KySWKOcMhS1JrX0UaPLylh9Kc5m2OxBmb9tTDk97/nXs6EmgLRNtZM/G

         qE+wdQ1SCWcS2WQjCCySf4FjzLRJYw20cS5yY=

DomainKey-Signature: a=rsa-sha1; c=nofws;

        d=gmail.com; s=gamma;

        h=message-id:from:to:references:subject:date:mime-version

         :content-type:x-priority:x-msmail-priority:x-mailer

         :disposition-notification-to:x-mimeole;

        b=GyaHjuHVtKNRpwdJa/qoB9zgRh4QljnZQnTC7Ql5KQg7YqQE9sM8JPkUyMg++8e6QX

         qYgII8mnZKiJSOaCP7X8XAFPZW434cAPiDUl7py7Gk6pXLTpZKwSAhTZT3SmNP/kw3MB

         ya/Ftqwl5q3NRgMXhGlfxu2wNcMOM/DXT96A8=

Received: by 10.210.66.13 with SMTP id o13mr616991eba.88.1247746660689;

        Thu, 16 Jul 2009 05:17:40 -0700 (PDT)

Return-Path: <launspach.elize@gmail.com>

Received: from home (41-208-48-176.mtn.co.za [41.208.48.176])

        by mx.google.com with ESMTPS id 23sm431244eya.49.2009.07.16.05.17.37

        (version=SSLv3 cipher=RC4-MD5);

        Thu, 16 Jul 2009 05:17:39 -0700 (PDT)

Message-ID: <AAA5BDD4E5E04FC3AB65B3E5A974FCC8@home>

From: "Elize" <launspach.elize@gmail.com>

To: "Ernest Bessinger" <ernest.bes@live.co.za>

References: <9F27C6AB01704813B9BDE43316DC381B@home> <SNT105-DS156E7EC2199CD3E27D9283BA210@phx.gbl>

Subject: Re: 30A of 40A "trip"

Date: Thu, 16 Jul 2009 14:17:32 +0200

MIME-Version: 1.0

Content-Type: multipart/alternative;

                boundary="----=_NextPart_000_0009_01CA0620.28BC2720"

X-Priority: 3

X-MSMail-Priority: Normal

X-Mailer: Microsoft Outlook Express 6.00.2900.5512

Disposition-Notification-To: "Elize" <launspach.elize@gmail.com>

X-MimeOLE: Produced By Microsoft MimeOLE V6.00.2900.5579

X-OriginalArrivalTime: 16 Jul 2009 12:17:41.0364 (UTC) FILETIME=[6A726B40:01CA060F]

 

Alhoewel dit baie na Grieks lyk kan dit duidelik gesien word hoe die inligting verlore kan as dit nie saam met die dokument gestoor word nie. Die inligting bevat selfs die identifikasie van die sagteware wat in gebruik was. Dit is dus baie belangrik om die gratis stoor en rugsteun stelsels te gebruik om e-posse te bewaar en nie analogiese papier stelsels nie. Van die voorbeeld genoem kan daar baie inligting uitgetrek word om ‘n gewaarborgde afskrif te bevestig. Teen geen koste vir So-Ja nie. Solank dit digitaal gestoor was.

 

C) Aanvaarbare dokumente:

 

Hierdie was die moeilikste taak van die hele dokument. Dit dek so ‘n groot veld dat dit maklik is verstrik te raak in detail. Ek beperk dit dus net die bespreking van toepassing is. Nl. Die kommunikasie tussen So-Ja en die betrokke aandeelhouer. Dokumentasie soos voorgeskryf deur een of ander wet word dan uitgesluit. Ek is nie seker of dit was wat die bestuur beoog het nie. Indien nie, kan ek dit uitbrei en meer detail in plaas. Vra net

 

Soos ek (as aandeelhouer) die bestuur se besluit lees (in my hoofpunt genoem) was die besluit geneem op dokumentasie en bewysstukke wat ek sou indien om my saak te stel. Dit het hoofsaaklik deur e-pos geskied met dan met aanhangsels om die saak meer lyf te gee en dan ook dit meer aanvaarbaar te kan maak. Ek kan nie dink dat die e-pos die probleem was nie (mits daar ‘n probleem was?). Ek kan miskien dink dat die aanhangsels ‘n probleem kon wees want dit veroorsaak dan meer as net “he said she said” geval.

 

Dokumente wat ek kon verkry wat dan aanvaarbaar sou wees as bewysstukke (en dit sluit dan aan by die aanhangsel van my vorige e-pos):

1)      e-pos (solank dit nie sekondêr is en indien sekondêr die eienaar se toestemming verkry was)

2)      Hand geskrewe dokumente. Die eienaar moet uitgeken word en toestemming moet verleen word.

3)      Drukstukke van die eienaar met sy handskrif daarop om te bewys dat dit van die oorspronklike dokument gemaak is.

4)      Kontrakte (soos bv die gebruiksreg) met So-Ja en die aandeelhouers se handtekening daarop. En dis nou waar een van die twispunte voorkom. Volgens die wet op beheer op aandeleblok skemas (wet 59 van 1980) artikel 17 is ‘n gebruiksreg van “nul en gener waarde” as dit nie die handtekening van die aandeelhouer het nie. Verder verklaar die artikel dat dit ‘n kontrak is tussen die maatskappy en die aandeelhouer. Dus een gebruiksreg vir elke aandeelhouer. In So-Ja se geval 50 gebruiksregte en elkeen mag verskil. Volgens Steve Launspach is dit nie waar nie. My gade het ‘n dokument aangevra (via Steve se seun wat ‘n advokaat is) waarop hy dit op skrif sou stel sodat die artikel 17 dan “nie van toepassing” is nie. Volgens Steve is die gebruiksreg geregistreer en die klousule is nie van toepassing nie. Dit is nou 3 jaar wagtend en seker nie meer nodig nie? Dus nou die volgende vraag aan die bestuur “kan die bestuur dit volledig verklaar sodat die oplossing offisieel kan geskied?”

5)      Foto’s – solank dit dieselfde reëls volg as vir ‘n e-pos.

6)      Video - solank dit dieselfde reëls volg as vir ‘n e-pos.

7)      Notules van vergaderings. En dis nou waar massiewe misverstande voorgekom het tussen die aandeelhouer en die bestuur wat ontaard het en geboorte gegee het tot die fiasko vergadering. Volgens artikel 204 van die maatskappy wet (wet 61 van 1973 en soos gewysig) beperk dit niemand om sy eie notules van vergadering af te neem nie. Nog minder beperk dit die metodes. Volgens die bestuur was ‘n wet wel verbreek. Miskien het hulle ‘n ander wet bedoel? Of, miskien het hulle die verkeerde woorde gebruik en bedoel dat ‘n moontlike wet oortree was? Maar hier gaan dit spesifieke oor notules van ‘n vergadering. Hiermee dan die volgende vraag aan die bestuur “kan die detail van die wet wat verbreek was aan my voorsien word?” Ek en my gade stem nie met die vergadering se besluit in nie, en dispuut dat hulle besluit op feite gebaseer was. En nog minder stem ons in dat ‘n wet verbreek was. Nog erger, artikel 204 verduidelik dat die geskrewe notules as wettig aanvaar word tensy die teendeel bewys kan word. Vraag aan die bestuur: “hoe word die teendeel bewys sonder bewys dokument? En, waar staan dit die bewys dokumente net sekere dokument metodes insluit?”

8)      Klankbane - solank dit dieselfde reëls volg as vir ‘n e-pos. Nou die was moeilik om te verduidelik. Dit hang af of dit digitaal was met ‘n vinger afdruk of analogies sonder bewys van afskrif. Bewyse van analogiese klankbane is baie moeilik om te gebruik as bewys stukke. Gelukkig het my gade nog  minder ‘n analogiese opnemer gebruik en nog minder was dit versteek. Dit was digitaal (byvoorbeeld ‘n digitale selfoon) en dit was oop en bloot gebruik vir almal om te sien.

9)      Verbale – Ek is nog nie seker of ek kop of stert van die dokument kan uitmaak nie. Dit klink te moeilik om in ‘n hof te gebruik en ek sal hiervan wegbly. Al wat weet is “iemand sê” kan net ontaard in argumente.

 

 

D: Opsomming:

 

In opsomming is ek nie seker of die bestuur dan die besluit wat hulle geneem het uitgevoer het nie. Geen bewyse van uitvoering kan gevind word nie. Dus vra ek dan die volgende:

1)      Gewaarborgde afskrifte van (ek sal ‘n redelike koste van afskrifte betaal. Stuur my net die rekening. Huidig word ‘n koste van R0.70 per bladsy gehef):

a.       (Omdat ek dit nie vind in die notules van ‘n algemene vergadering nie) – Notule van die vergadering waar die besluit geneem was om my en my gade se korrespondeer dokumente deur ‘n wetlike raadgewer te laat ondersoek. Dit moet die doel van so ‘n besluit insluit.

b.      Notule waar die besluit goedgekeur was.

c.       Bewyse waar die aandeelhouer van so ‘n besluit verwittig was.

d.      Indien die besluit opgehef was die notules waar die opheffing geskied het en waar dit goedgekeur was.

e.       Bewyse waar daar gepoog was om my gebruiksreg te reflekteer met die bestuur besluit.

2)      (Indien die bestuur nie volledig aan die eerste versoek kan voldoen nie moet ek aanvaar dat dit nooit hulle bedoeling was nie en net intimidasie was teen my en my gade. Of, as dit hulle bedoeling was, was die vergadering ‘n mors van tyd omdat prosedures nie gevolg was nie). Ek mag aanvaar dat dit nooit die bestuur se bedoeling was nie en dit nie meer nodig is om alle korrespondensie na die sekretaris/se hoef te stuur nie? Tensy ek ‘n antwoord ter bevestiging kry, sal hierdie dan my laaste afskrif na die sekretaris/se wees.

3)      Al my vrae beantwoord wat in die dokument gevra word.

 

 


Ernest Bessinger

PO Box 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Google profile:  http://www.google.com/profiles/ernestbes/

 

This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses. Ernest Bessinger therefore does not accept liability for any errors or omissions in the contents of this message, which arise as a result of e-mail transmission. If verification is required please request a hard-copy version.

 

No comments:

Post a Comment