Saturday, 24 October 2009

So-Ja sonder water

Die voorsitter (Frik Birkenstock),

Frik,

Vandag, 24 Oktober 2009, om 4:30 toe ek Anita opstaan vir ons dag se take te verrig, was ons sonder water. Die tenks is leeg en geen pomp pomp water na die tenks toe nie. Daar is ook geen probleem met die elektrisiteit nie (soos jy kan sien word die e-pos om 05:00 geskryf). Dit kos ons om na die swembad te gaan en water daar te gebruik met die ablusie geriewe van So-Ja. Ons het nie eers genoeg water in die huis gehad om ons eie toilet geriewe te gebruik nie. Kan jy my asseblief verduidelik wat aan die gang? As dit ‘n bestuur besluit is om elektrisiteit te bespaar hoekom moet die onskuldiges boet? En hoekom is daar geen advertensie as daar ‘n probleem is?

Groete (sonder water en die moer in)

Ernest Bessinger

PO Box 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Google profile:  http://www.google.com/profiles/ernestbes/

This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses. Ernest Bessinger therefore does not accept liability for any errors or omissions in the contents of this message, which arise as a result of e-mail transmission. If verification is required please request a hard-copy version.

Monday, 19 October 2009

Die voorsitter (Frik Birkenstock),

Frik,

Dit het onder my aandag gekom dat kampe opgesit gaan word, drade gaan ge-elektrifiseer word em meer sekuriteit gaan aangebring word om volstruise te huisves op die plaas. As aandeelhouer (en miskien het dit niks met aandeelhouers te doen nie?), kan jy my meer hieroor inlig?

Groete

Ernest Bessinger

PO Box 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Google profile:  http://www.google.com/profiles/ernestbes/

This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses. Ernest Bessinger therefore does not accept liability for any errors or omissions in the contents of this message, which arise as a result of e-mail transmission. If verification is required please request a hard-copy version.

Monday, 28 September 2009

Prospekteering FYI

Die voorsitter (Frik),

Frik,

Aangeheg is ‘n kennisgewing in die lokale koerant waarin jy in belang mag stel.

Groete

Ernest Bessinger

PO Box 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Google profile:  http://www.google.com/profiles/ernestbes/

This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses. Ernest Bessinger therefore does not accept liability for any errors or omissions in the contents of this message, which arise as a result of e-mail transmission. If verification is required please request a hard-copy version.

Tuesday, 25 August 2009

Afval gat

Die voorsitter (Frik Birkenstock)

Frik,

Aangeheg is twee foto’s. Die eerste (Pic 095) is geneem so die begin van Junie en die ander (Pic 246) vanoggend, 25 Augustus 2009.

Meer as ‘n jaar gelede het ek uitgewys dat ‘indien die gat nie toegespan gehou word nie en streng beheer word nie, So-Ja in die algemeen en die bestuur spesifiek die aandeelhouers bloot stel aan regsaksie’ indien iemand seerkry oor die oop gat. By die laaste bestuursvergadering wat ek bygewoon het, het Willie Roux ook hieroor gepraat. Dawid Bosch het almal gerus gestel dat hy in die verlede dit baie streng beheer het (en ek neem aan in die toekoms ook). Ek weet dat gedurende my bestuur tydperk ek dit streng beheer het. Wie nou in beheer is weet ek nie.

Ek het op amper ‘n daaglikse basis die gat se omheining dopgehou. Die twee foto’s is so drie maande uitmekaar en daar kan duidelik gesien word dat die beheer eintlik versleg het. Kan daar asseblief aandag aan geskenk word. Dit stel ander se lewe in gevaar wat onverantwoordelik is want die publiek maak gebruik van die pad reg langs die gat.

Groete

NS Frik, met al die klagtes wat ek moet opper kry ek die gevoel dat die bestuur van So-Ja nie meer gaan oor beheer nie maar oor die politiek van die saak. Dit is nie my plig om poliesman te speel nie maar as dit die enigste uitweg is, wat moet ek maak? Kan jy my raad gee?

Ernest Bessinger
PO Box 106
,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses. Ernest Bessinger therefore does not accept liability for any errors or omissions in the contents of this message, which arise as a result of e-mail transmission. If verification is required please request a hard-copy version.

Monday, 24 August 2009

Arbeid en diens gedurende werksure.

Frik,

Voor iemand nou weer bewerings maak, ek het vergeet om spesifiek te noem dat die vervoer ook geskied het met So-Ja se trekker en sleepwa.

Groete

.

From: Ernest Bessinger [mailto:ernestbes@mtnloaded.co.za]
Sent: 24 August 2009 09:41
To: Birkenstock, Frik (Work)
Cc: Launspach, Elize
Subject:

Die voorsitter (Frik Birkenstock)

Frik

Aangeheg is ‘n foto waar So-Ja se arbeiders gebruik word om bou materiaal te laai en te vervoer gedurende werksure. Die foto is geneem op 21 Augustus 2009 om 08:06 waar ons arbeiders stene en ander bou materiaal gelaai het vanaf Hennie Veldman se erf en by Tielman Bosch af gelaai het. Dit het so 3-4 ure geneem. Ek weet daar is ‘n presedent geskep om afval te verwyder gedurende werksure maar bou materiaal?

Dit laat my dan die volgende vrae vra:

1)       Is die diens net beskikbaar vir die bestuur?

2)       Indien nie, hoeveel kos so ‘n diens want ek benodig ‘n paar vragte sand en klomp klippe?

Thursday, 20 August 2009

Oestyd kennisgewing

Die voorsitter (Frik Birkenstock)

Frik,

Aangeheg is ‘n kennisgewing wat vandag,20 Augustus 2009,ontvang is. Die bestuur het nog nie eers op my vorige vrae oor soortgelyke kennisgewings geantwoord nie en die volgende kennisgewing word afgelewer. Die huidige kennisgewing laat nuwe vra ontstaan:

1)       Gaan die bestuur my vrae voorheen gevra antwoord (of ten minste erkenning van ontvangs)?

2)       Ek het voorheen genoem dat ‘oes van wild’ sinoniem word met ‘jag van wild’. Die kennisgewing ontvang maak dit beslis duidelik dat al metode van ‘oes’ is deur middel van ‘jag’. Is dit so?

3)       Is dit nie onverantwoordelik van die bestuur om toestemming te verleen om oor ‘n hoof toegang pad te ‘jag’ nie?

4)       Hoekom maak die bestuur die arme voetganger verantwoordelik van onverantwoordelike gedrag omdat hy sy enigste vervoer middel gebruik (sy voete)?

Groete

NS: Frik, ek moes onderaan ‘n waarskuwing plaas want dit aan my bekend geword dat my e-posse aan die voorsitter moontlik onwettig afskrifte van gemaak word en onwettig vrylik versprei mag word.

Ernest Bessinger

PO Box 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Google profile:  http://www.google.com/profiles/ernestbes/

This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses. Ernest Bessinger therefore does not accept liability for any errors or omissions in the contents of this message, which arise as a result of e-mail transmission. If verification is required please request a hard-copy version.

Friday, 14 August 2009

So-Ja Hek wat oop staan

Die voorsitter (Frik Birkenstock)

Frik,

Aangeheg is twee foto’s wat op 14 Augustus 2009 om 07:02 geneem is. Daar kan duidelik gesien word dat die westelike hek oop staan en niemand in die omgewing te speur is nie.

Ek kan nie bevestig dat Dawid op So-Ja is al dan nie.

Volgens my is die bestuur in beheer om te verseker dat die wat die hek oop laat agtervolg word (nie ‘n persoon in sy persoonlike hoedanigheid nie maar as bestuurslid). Dawid het met die laaste verdaagde bestuursvergadering gekerm dat hy nie verantwoordelikheid dra as hy nie op So-Ja is nie. So, wat nou as hy wel op So-Ja is? Maar, sou hy nie op So-Ja wees nie, wie staan dan in? En, hoe gaan die bestuur die hek beheer?

Groete

Ernest Bessinger

Posbus 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Sunday, 9 August 2009

Verbeterde kommunikasie vir arbeid (FYI)

Die Voorsitter (Frik Birkenstock).

Frik,

Net ter inligting (het eintlik niks met So-Ja te doen nie en tog wel).

Verlede jaar toe ek terrein bestuur gedoen het, het ek ‘n voorstel ingedien om die kommunikasie tussen die arbeid en bestuur te verbeter.

Danksy Anita Bessinger se harde werk en karige pension is die struktuur nou in plek. Dit is nie (op hierdie stadium) vir die bestuur beskikbaar nie want die arbeid moes hulle eie koste dra en voel dit onregverdig dat die bestuur die voordeel geniet. Die verstandhouding met die arbeid is dat sodra ek weer die bestuur oorneem die kommunikasie media gebruik sal word.

Wat ingestel is:

1)       Elke arbeider, sy vrou en hulle kinder oppassers toegerus is met ‘n werkende selfone. Daar is nog wat vervang moet word en ons het ‘n paar geskenkte selfone wat afgelewer moet word.

2)       By my is goedkoop “stater-packs” beskikbaar om die nommers te verander soos benodig.

3)       Anita koop ook vooruit “air-time” vir die arbeid wat sy aan hulle verskaf teen sigwaarde want die wat in die omgewing “air-time” verskaf buit die arbeid uit.

4)       Anita verskaf ook ‘n lees diens aan hulle vir die SMS’s wat hulle sou kry en fout boodskappe want nie een van die arbeiders is leesmagtig nie.

Groete

Ernest Bessinger

Posbus 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Saturday, 8 August 2009

Dawid Bosch as bestuurslid.

Die voorsitter (Frik Birkenstock),

Frik,

By die bestuursvergadering van 21 Julie 2009 het een van die bestuurslede ‘n groot bohaai gemaak omdat hy glo aangevat was omdat hy glo ‘n hek oop gelaat het terwyl hy nie eers aanwesig was nie. Die aantyging sou dan deur my geopper gewees het terwyl ek geweet het hy was afwesig (aldus Dawid Bosch). Die uitbarsting benodig  regstellings, ‘n paar verduidelikings en ‘n paar vrae wat ek graag ‘n antwoord van die bestuur verlang.

 Regstellings:

1)       Ek is nooit van enige doen en late van Dawid Bosch bewus nie en stel ook nie belang om daarvan bewus gemaak te word nie. Dawid rapporteer nie aan my nie en ek verwag ook nie dat hy aan my rapporteer nie. Inteendeel die Waterpoort Polisie senior inspekteur het voorgestel dat ek Dawid (sover moontlik) moet vermy as gevolg van die persoonlikheid verskil tussen ons. En, ek neem hulle voorstel baie ten harte.

2)       My geskrewe was gerig aan die So-Ja aandeleblok bestuur in die algemeen en aan die voorsitter spesifiek gerig. As die voorsitter die oplossing van die probleem wou delegeer is dit sy reg. Maar dit bly sy verantwoordelikheid om die korrekte inligting oor te dra.

3)       Tot en met die skrewe van dié brief is geen geskrewe verduideliking nog ontvang nie. Net dreigemente en aantuigings.

4)       Dawid (en baie ander aandeelhouers, insluitend die voorsitter se vrou) het al verwys dat ons die heinings moet laat sak en sodoende van die oortollige wild ontslae raak. Dit is al waar my geskrewe na Dawid verwys het.

Verduidelikings:

1)       Dawid en Tielman Bosch neem ‘n video sonder toestemming van Daan Pretorius terwyl hy (Daan) ‘n hek oop laat. In die hof verduidelik Daan dat hy partykeer die hek oop laat wanneer hy melk kry en dan onmiddellik weer terug keer en dan die hek toemaak. Sy verduideliking word nie aanvaar nie want die hek moet ten alle tye toe wees.

2)       In die akte van oprigting van So-Ja staan:

a.       (Die een wat ek onderteken het: “Die hek by So-Ja moet gesluit word sodra die laaste aandeelhouer SO-JA verlaat”

b.       (‘n Ander en aan my oorhandig) “die hoofhek tot So-Ja moet altyd toegehou word”

3)       Een van die aantuigings van Dawid Bosch verlede jaar terwyl ek die bestuur was “die hek staan oop gaan nou en doen jou werk en maak dit toe”.

4)       Die foto’s geneem dui duidelik dat die hek oop staan. Vir watter redes ook al, en my vraag aan die bestuur was “waarom?”. Hier verander dinge so vinnig en sonder waarskuwing dat ek moet weet!

Vrae:

1)       Iemand (en ek stel nie belang wie nie) het blykbaar afval verwyder en die hek oopgelaat (aldus Dawid). Is daar nou verskillende reëls wat geld? Is dit nie dieselfde geval as verduideliking 1) hierbo nie? Indien nie, hoekom nie? En met Daan was daar nie eers wildheinings hier nie.

2)       Sou dit saak gemaak as Dawid hier was of nie?

3)       Sou dit saak gemaak het as ek geweet het of Dawid hier was of nie? Ek sou buitendien nie die saak aan hom gerapporteer het nie.

4)       Is Dawid dan in beheer van So-Ja dat (volgens Dawid) niks kan gebeur sonder sy aanwesigheid nie? En, wanneer is die aandeelhouers van die terrein bestuurder se aanstelling verwittig? Of, moet ek aanvaar dat Cas Weber ook nou in beheer van die terrein is want hy ook gekies as ‘n direkteur?

5)       Het die bestuur nie gevra aandeelhouers moet sake aan die bestuur vermeld wat hulle verkeerd bespeur nie? So, hoekom Dawid se uitbarsting?

6)       Watter hek is dan die hoof-hek of, is dit net van toepassing by die pad-hek? Is die rivier-hek nou nie ‘n hoof-hek nie?

Groete

Ernest Bessinger

Posbus 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Friday, 7 August 2009

So-Ja bankrotskap.

Die voorsitter (Frik Birkenstock),

Frik,

Dit het onder my aandag gekom dat ek persoonlik verantwoordelik is (en dit moontlik my doelstelling is/ was) om So-Ja (die aandeleblok) bankrot te laat verklaar.

Terwyl ek die So-Ja terrein verlede jaar bestuur het, sou ek as instrument die voorstelle wat ek ingedien het, gebruik het om soveel geld te spandeer dat dit onmoontlik sou gewees het om die aandeeleblok verder te bestuur.

Ek het weer al my voorstelle nagegaan en behalwe vir twee word besparings aangevra. Die twee wat sou geld kos is:

1)       ‘n beter kommunikasie stelsel tussen die arbeid en bestuur (‘n groot onkoste wat aangegaan word deur die aangestelde terrein bestuurder en huidig en in die verlede gedek word {onder sekere omstandighede} deur gebruik te maak van ‘n trekker deur die bestuurder. (Ek het die onkoste self gedra sonder om die aandeelhouers enigsins te benadeel).

2)       Installering van water meters (‘n voorstel van Tielman Bosch wat jare lank al probeer om dit te bewerkstellig en weer geopper was deur die voorsitter wat gevra het ek moet ‘n voorstel indien).

Om nog verder besparing te bewerkstellig het ek al my eie kostes gedra (en so die aandeelhouers gesubsidieer) en self alle onderhoud (uit my eie sak) gedoen. Ek het gevra vir parte wat aangekoop moes word my arbeid was gratis.

Op dié stadium kan ek nie indink waar ek aspris die aandeelblok sou wou bankrot bestuur het nie.

Die bestuur van die aandeleblok het meer bestuursvernuf (as wat ek tot my beskikking het) om dan vir my uit te wys waar ek sou fouteer het. Daar was dan ook nie op daardie stadium enige objeksie oor die geldsake geopper nie. Nog minder oor my bestuursvernuf. Wat uitgewys was dat my mense verhouding miskien werk benodig. Dus moet dit iets wees wat later uitgewys was. Kan die bestuur my asseblief verwittig?

Groete.

Ernest Bessinger

Posbus 106,

Waterpoort, 0905

073 073 3505

Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

Tuesday, 4 August 2009

Afval

From: Ernest Bessinger [mailto:ernest.bes@live.co.za]
Sent: 16 June 2009 09:19
To: Birkenstock, Frik (Work)
Cc: Launspach, Elize
Subject:

Frik,

Aangeheg is twee foto’s. Die een is tuin afval wat nie verwyder is nie en die ander van die kennisgewing op die bord. Kan jy vir my verduidelik hoekom die belofte nie nagekom is nie? Die belofte was om die “Huishoudelike Vuilis op 15 Junie te verwyder”.

Detail van die aangehegte kan deur regs te kliek op die foto en dan “properties” te kies. Die foto’s is geneem op Dinsdag 16.6.2009.

Groete

Ernest

13A So-Ja

NS Simon beweer dat Dawid hom instruksies gegee het om die nie op die dag belowe, die vuilis te verwyder nie. So, hoe moet ek glo wat Dawid sê wat nie eers sy geskrewe beloftes kan na kom nie? Ek wag vir jou verduideliking.

Vesperring van arbeid

From: Ernest Bessinger [mailto:ernest.bes@live.co.za]
Sent: 16 June 2009 10:35
To: Birkenstock, Frik (Work)
Cc: Launspach, Elize
Subject:

Frik

Aangeheg is ‘n foto geneem 07:18 op 12 Junie 2009. Ek het Daniel gevind wat by die rivier kant hek in kom. Daniel kla dat hy nie by sy huis kan kom nie want hy word uitgesluit deur rooi vlae wat hom toegang weier na die arbeiders se woongebied. Die foto beaam wat Daniel oor kla. Die pad is versper langs die rivier grens draad. Kan jy vir my verduidelik hoekom?

Groete

Ernest Bessinger

13A So-Ja.

NS Daar word nog steeds geslag by die arbeiders woongebied.

Jag Jun 2009

From: Ernest Bessinger [mailto:ernestbes@mtnloaded.co.za]
Sent: 10 June 2009 18:13
To: 'Frik Birkenstock'
Subject: RE: Jag Jun 2009

Frik,

Plesier. Willie was nie verniet deel van senior bestuur van die vleisraad nie. Maar, van wat hoor het hy baie afgewater. Maar, ek dink ons deel ten minste dieselfde siening oor sy metodes. Maar dan voel baie my modus opperandi is suspisious. En, daar dog ek dat ek wil net oorleef J

Groete

Ernest

From: Frik Birkenstock [mailto:frik@sterkinekor.com]
Sent: 10 June 2009 14:20
To: Ernest Bessinger
Subject: RE: Jag Jun 2009

Ernest,

Baie dankie vir jou insigte, het dit vinnig deurgelees. Sal op 'n beter tyd rustig daardeurgaan en inneem.

Net ter loops. Ek hou baie van Willie Roux asook sy familie, net nie altyd beindruk met sy 'modus opperandi'!

Groetnis,

Frik Birkenstock

Mobile # 082 871 0834

From: Ernest Bessinger [mailto:ernestbes@mtnloaded.co.za]
Sent: Wed 2009/06/10 12:21 PM
To: Frik Birkenstock
Cc: Launspach, Elize
Subject: RE: Jag Jun 2009

Frik,

Jammer dat jy ‘n boodskap sal kry wat niks in het nie. Ek het die verkeerde knoppie gedruk.

Hierdie is my “insigte” en my woord is my eer. So, ek antwoord dan as volg:

1)       Ek stuur hierdie opvolg ook na Elize want ek voel ek sal weer ‘n aanklag kry van “crimen injuria” en die keer gaan dit nie net op hoorsê nie. Ek wil dit op skrif sien. Anita, my vrou, is nog steeds kwaad vir my omdat sy moes betaal om haar eer te red. Maar, sy is kwater vir Dawid wat hom nie kan gedra nie en stories vertel. So, daar is goed by die kwaad. Maar, solank ek seker nie sê “f-off” en/ of “take a kindly seksual departure” en/of my vrou lees my antwoord nie, dan is ek seker veilig.

2)       Die voorsitter open die vergadering deur uit die Bybel in die algemeen en spesifiek uit Efesiërs te lees. Hy noem dat dit Efesiërs 4 is maar dis eintlik Efesiërs 5. Ek aanvaar dat hy nie die vergadering wou verlei nie maar dat dit net ‘n klein foutjie is en dat dit in die notules reggestel sal word. Dit het nie eintlik ‘n inpak op my nie want, alhoewel my kinders voel ek is ateïsties, is ek eintlik ‘n gelowige en agnosties (‘n bespreking vir ‘n ander tyd). Nou beskerm deur die Grondwet van Suid Afrika. Solank die “Bible punchers” nie my drumpel deurloop nie kan ons saam leef. Hopelik was daar ‘n boodskap in vir sekere van die aandeelhouers en/ of die direksie. Vir my beteken dit (en in my huistaal) refers to the arguments of those opposing the truth by defending the immorality of the pagan culture surrounding the church of those days (Repeatedly, throughout history, when the measure of a people's wickedness had overflowed, God wiped them out in some grand historical upheaval. Paul would mention this a few moments later). Ek lees dan hierin dat die voorsitter se boodskap spesifiek uit gaan omdat daar persone en of groepe, aandeelhouers mislei? Dit in ag geneem moet ek aanvaar dat die voorsitter hom dan verhewe voel of, dit mag ‘n waarskuwing wees vir homself? Dit nou daar gelaat!

3)       Die bestuur sal dan hopelik ook hulle beloftes na kom en my (of my vrou) se korrespondensie deur ‘n regsgeleerde laat nasien. Dit sal dan bewys dat die waarheid nagespeur en versoek word, of dan nie. Morgan Carstens het juis dit weer beaam dat So-Ja alle beloftes wat hulle maak moet nakom. En. 2 jaar gelede het die bestuur belowe dat my (en my vrou) se korrespondensie deur regsgeleerde sal nagegaan word?

4)       Ek sal nou voort gaan en my insette gee na die betrokke stellings. Die stelling is in blou en my antwoord sal dan in swart verskyn.

From: Frik Birkenstock [mailto:frik@sterkinekor.com]
Sent: 08 June 2009 14:09
To: Ernest Bessinger (So-Ja)
Subject: RE: Jag Jun 2009

Ernest,

Dankie vir jou navraag oor die jag, dit is en bly 'n neetlige punt en van die begin af het ek almal gewaarsku dat So-Ja nie 'n "Jagplaas" is of kan wees nie. Die grond is te klein en die skietpiete wil net jag!!!! (gevaarlik vir als en almal).

[Ernest Bessinger] Daar is ‘n groep (en dit is beaam deur die voorsitter in die algemene vergadering) wat met woordspeling die aandeelhouers en owerhede probeer mislei deur woorde soos “oes”  is nie “jag” is nie. So-Ja se grondwet laat geen skietery toe nie. Nie op die plaas nie en nog minder tussen die huise. Maak nie saak hoe “professioneel” die skieter ook mag wees nie. As daar dan geoes moet word, moet ‘n ander metode gevind word as “skiet”.  Maar weer mislei ‘n groep mense aandeelhouers dat daar maar “geskiet” mag word en het selfs die grondwet is aangepas om die misleiding te versag. Daar is dan ook ‘n groep wat praat van ‘n plaas wat te klein is maar Tielman Bosch gebruik die argument (en mense te verlei) dat daar genoeg bome is om ‘n getroon te deflekteer. Volgens hom kan daar maar gejag word binne 150 meter van enige woon eenheid, pad en/ of mens. As daarna verwys word ontken Tielman sy stelling net om weer verder verleiding te veroorsaak. Ongelukkig het Daan Pretorius my statistiek boeke oor herlaai van patrone laat verlore raak maar, van die statistiek wat ek nog beskikbaar het, die volgende:

a)   270 Winchester velocity (fps) 3480 and drop at 500 yds 38 inches

b)   30-06 Springfield velocity (fps) 3200 and drop at 500 yds 52 inches

c)   Albei het ‘n tref afstand van meer as 1 kilometer.

d)   Ek kan baie meer statistiek gee maar ek wou net voorbeelde gebruik oor hoe gevaarlik vuurwapens in die algemeen is. Selfs a BB kan die vel deurdring op minder as 2 meter.

1.   Verlede jaar het Willie Roux 'n stok in die speek gedruk met onderduimse leuns wat versprei was en sodoende jag laat goedkeur op So-Ja se AJV. Van al sy baie grootpratery het baie min van gekom. Die bestuur het toe alreeds planne in plek gehad, waar buitmense die bokke geduurende die nag sou kom oes. (Dit was op kort kennisgewing gekanselleer)

[Ernest Bessinger] Vandat ek Willie ontmoet het (en hy was briesend vir my want hy wou die warm water bron oop boor en ek hom vertel het hy is laf) is Willie besig met planne om te laat jag. Sy woon eenheid is selfs verander om jagters daar te laat oornag. Die onderhoud aan hom toegestaan het hom onder die indruk gebring (of miskien het die bestuur hulle laat mislei deur nie die persepsie wat ontstaan het, te ontken nie) dat jag op So-Ja sal toegelaat word maar dit moet net “oes” genoem word. In die Limpopo word daar nie meer aparte lisensies toegelaat nie en sinoniem is “jag” nou ook “oes”. Die planne wat die bestuur in plek moes gehad het was om die skietery stop te sit. Maar die aandeelhouers is mislei deur ‘n aanpassing aan die grondwet aan te bring wat skietery wettig maak. En, sinoniem het skietery ook nou “jag / oes” geword. So, wie het wie mislei?

2.   Op die Bestuursvergadering gedurende Desember op So-Ja was daar besluit dat 'n versoek uitgestuur sal word na al die aandeelhouers, om uit te vind wie stel belang om te kom jag.

[Ernest Bessinger] In die algemene vergadering is die aandeelhouers mislei deur die voorsitter wat aanvaar het dat almal so ‘n brief ontvang het. Ek het definitief nie so ‘n brief ontvang nie. En, as ek dit nie ontvang het nie mag (en sal) daar ander ook wees. Die voorsitter het verder ook die aandeelhouers mislei dat pos deur die owerhede “verduister” word. Dit gebeur wel maar is nie die enigste rede nie. Maar, na ‘n uitgewys dat die bestuur met die adresse gepeuter het, was geen verskoning te vinde nie. Weer is net ‘n belofte gemaak om dit na te speur. Sal die belofte gehou word? Daar is wel 8 wat geantwoord het. Is dit al? Wat van die wat die brief nie ontvang het nie? Die bestuur het ‘n belofte gemaak om te verseker dat alle korrespondensie vir alle aandeelhouers ontvang sal word? Dit is gedoen deur die pos wat hulle inneem te aanvaar.

3.   Willie Roux het intussen gegaan en die jaggroep van Polekwane in kennis gestel dat hulle mag jag, (hy beweer dat hy toestemming gekry het, maar hy lieg) op die datums soos wat wel toe gebeur het. Hierdie geval was glad nie deur enige bestuursvergadering bespreek was nie en hy het geen toestemming gehad het om dit te doen nie.

[Ernest Bessinger] Verlede jaar toe ek nog op die bestuur was het Willie gevra of die “Group 10” hier mag jag. Miskien het niemand op daardie stadium verstaan wat hy bedoel het nie. Die saak was bespreek. Miskien nie in genoeg detail nie. Ek dink wat gevolg het was ‘n misverstand. Willie beweer dat hy by die bestuursvergadering vergadering in Johannesburg verder die saak bespreek het. Ek kan nie kommentaar daarop lewer nie. Ek was nie daar nie. Nog minder wat daarop gevolg het behalwe: In April het Anita toevallig foto’s gewys aan Elize (Tielman se vrou) net voor Willie en sy vrou by Tielman weg is na Dawid toe. Wat so opvallend was is dat Willie net terug van die veld af was met Oliver en direk na Tielman gegaan het. Die omstandighede klop met van sy stories wat ek van bewus is. Met Tielman se stories het ek nie vertroue nie. Sy oggend en aand praatjies kom nooit ooreen nie. Die eerste wat ek daarmee te doen gehad het was toe hy Daan Pretorius beloftes gemaak het en dit ontken het. Die volgende val ek in trap toe hy my toestemming gee om die sand langs my gelyk te maak en toe ek deur die bestuur aangekla word vir diefstal ontken hy dit. Die laaste inloop van hom kla hy in die bestuursvergadering van Jul dat die trekker een keer ‘n ‘n week moet omgaan en die drade inspekteur. Toe ek hom aanvat later hier (want hy wou wet hoekom ek nors is teenoor hom) en verduidelik ek dat ek op ‘n daaglikse basis die drade inspekteur, ontken hy die gesprek geopper in die vergadering. So, met Tielman sal ek persoonlik baie versigtig wees. Selfs Dawid se skoonsuster praat van Dawid wat gereelde lieg. Ek is nogal geneig om te dink dat daar ‘n misverstande tussen Willie en Servaas ontstaan het. Maar, met te veel base wat kan verwag word? Dawid is die baas, Tielman ‘n baas, Servaas in beheer, en dan is daar nog die voorsitter wat ook nog sy spaan in sit. Dan kom Lubbe se naam ook nog voor. En, dan wil die voorsitter weet hoekom ek nie belangstel om die wild te beheer nie!! Selfs besluite wat op vergaderings gehou word, word nie eers erken nie. Meer hieroor later.  

4.   Willie Roux was deel van die vergadering waarop besluit was dat die aandeelhouers mag jag en hy was die voorbok wat die pryse so afgestry het want dan sou almal kwansuis kom skiet en die wild so verminder word en die kennisgewing was toe uitgestuur.

[Ernest Bessinger] Op die laaste Algemene vergadering het Willie dit duidelik gestel dat pryse nie van belang is nie. Die belaglikste is die oormaat wild. As ons moet praat van sondebokke staan Dawid en Tielman voor. Die heinings moes verhoog word om wild in te hou. Onderhandelings met bure om heinings af te haal en wat nog. Stofel Strydom se kontrak is selfs gekanselleer. Willie het gevra (en aangedring) dat ons nie die heining koste kan aangaan sonder om dit te gebruik nie. Wild was altyd te sien op So-Ja maar met die verhoogde heinings het die wild ons probleem geword. En, nadat die meerderheid “nee” gestem het die bestuur tog nog die wild laat inbring. Maar, wie is nou die een wat voorstel dat die heinings laat sak word en die wild uitgejaag word? Dawid!! Die kennisgewings mag uitgestuur gewees het maar nie deur almal ontvang nie. Nie alles is Willie se skuld nie.

5.   Op die jaarvergadering was Willie uitgetrapd eur baie oor sy onregmatige optrede, maar is toe tog besluit dat die jagters kan kom en die rede is; soos die vorige jaar gebeur het, (verwys na punt 1.) ons nie buitemense wil betrek in ons sinnelose argumente nie en omdat dit tot So-Ja se voordeel was. Skiet eenkeer en kry klaar!!!

[Ernest Bessinger] Dit is hoekom dit tot stemming gebring was. Maar weer is die sinneloosheid nie alles Willie se skuld nie.

6.   Van die 20 bokke waarvoor hulle skietpermitte gehad het, was toe net 8 geskiet. Asook die een van Guilomee. Gladnie volgens Willie se beloftes nie.

[Ernest Bessinger] Dit mag so wees. Maar, ek ontvang ‘n brief van die voorsitter wat oortuig is dat die verlies so groot is dat die dak nie op die nuwe stoor gesit kan word nie. In die Algemene vergadering word daar bewys gelewer dat met die verlies hier bo genoem verduidelik Morgan Carstens dat nog steeds ‘n R14,000 Rand gewys kan word. Wie is nou eintlik besig om vir wie ore aan te sit. As die persoon wat na So-Ja geldsake kyk nie die boeke kan laat balanseer nie, moet hy vervang word met iemand wat kan. Ons kan nie toelaat dat aandeelhouers verder so mislei mag word nie. Hoeveel wins is gemaak uit die 20 permitte.

7.   Na gelang van die geskrewe aanvraag, het vier groepe aansoek gedoen om te kom jag.

   a.   Faan en kie.

   b.   Buks en kie

   c.   Frans en Kie

   d.   Deon en Kie

[Ernest Bessinger] Dit het eintlik niks te doen met besluite wat voor gestem was op die laaste algemene vergadering nie. Die aansoeke is van hand gewys deur ‘n stemming van 21 teen 5 of 8 (niemand kan presiese die nommer gee nie). Dit is tot stemming gebring en af gewys. Enige persoon wat dit nou wil gebruik is besig om die aandeelhouers te mislei en sal voor die voorsitter se waarskuwing getoets word. Sou hulle te lig gevind word?

8.   Op die vergadering was toe besluit dat die groepe moet kom skiet en klaarkry.

[Ernest Bessinger] Dit is ‘n infame leun. Luister na die aangehegte klankbaan.

9.   Willie Roux het daarop aangedring dat die skietperiode vanaf 1 Mei tot 31 Julie oop sal wees vir jag en dat niemand vir hierdie periode in die veld mag wees nie. Dit was toe summier afgestem, deur 'n oorgrote meerderheid.

[Ernest Bessinger] Dis ook reg so want 4 jaar gelede is saak al deur E Kok aangespreek maar die bestuur het dit geignoreer. Wie veroorsaak nou die onmin?

10. Toestemming is toe ook verleen aan die groepe om nog 7 Kudu en 7 Rooibokke te skiet.

[Ernest Bessinger] Maar net aan Willie se groep. Luister weer na die aangehegte klankbaan.

11. Toestemming was ook verleen om die skiet so gou doenlik af te handel sodat ons weet wie wat geskiet het en hoeveel nog oor gaan wees

[Ernest Bessinger] Ook heeltemal reg so. My gebruiksreg laat my die gebruik plaas toe. Maar, die geskittery hef dit sonder my toestemming op.

12.  Faan en Buks skiet oor die langnaweek.

[Ernest Bessinger] Die algemene vergadering het hulle nie die reg daartoe gegee nie. Luister duidelik weer na die aangehegte klankbaan.

13.  Niemand kan vir ons akuraat inlig oor hoeveel bokke ons op die plaas het nie. Volgens skatting  40 Rooibokke en 40 Kudu???

[Ernest Bessinger] Ek gaan nie enige kommentaar hieroor gee nie.

14.  Volgens inligting wat ek bekom het en ek werk op 120 hektaar, kan ons 8 Kudu en 15 Rooibokke dra, as als goed gaan en die weer mooi is?

[Ernest Bessinger] Die voorsitter rapporteer op die algemene jaarvergadering dat dit 100 hektaar is maar hier word dit sommer nou 120. 20% is ‘n groot fout?

Die Bestuur probeer om die getalle hierdie jaar te verminder tot op aanbeveling, sodat ons van volgende jaar en daarna net boogjag sal toelaat en dit is so op die vergadering besluit.

[Ernest Bessinger] Dit is aanvaarbaar maar die wet mag ook verbreek word nie?

Jou insigte hieroor word afgewag.

[Ernest Bessinger] my insigte gevra. Dit gegee.

Groete

Ernest Bessinger

13a So-Ja.

Please read our online Email Disclaimer and confidentiality notice.