Die voorsitter (Frik Birkenstock),
Frik,
By die bestuursvergadering van 21 Julie 2009 het een van die bestuurslede ‘n groot bohaai gemaak omdat hy glo aangevat was omdat hy glo ‘n hek oop gelaat het terwyl hy nie eers aanwesig was nie. Die aantyging sou dan deur my geopper gewees het terwyl ek geweet het hy was afwesig (aldus Dawid Bosch). Die uitbarsting benodig regstellings, ‘n paar verduidelikings en ‘n paar vrae wat ek graag ‘n antwoord van die bestuur verlang.
Regstellings:
1) Ek is nooit van enige doen en late van Dawid Bosch bewus nie en stel ook nie belang om daarvan bewus gemaak te word nie. Dawid rapporteer nie aan my nie en ek verwag ook nie dat hy aan my rapporteer nie. Inteendeel die Waterpoort Polisie senior inspekteur het voorgestel dat ek Dawid (sover moontlik) moet vermy as gevolg van die persoonlikheid verskil tussen ons. En, ek neem hulle voorstel baie ten harte.
2) My geskrewe was gerig aan die So-Ja aandeleblok bestuur in die algemeen en aan die voorsitter spesifiek gerig. As die voorsitter die oplossing van die probleem wou delegeer is dit sy reg. Maar dit bly sy verantwoordelikheid om die korrekte inligting oor te dra.
3) Tot en met die skrewe van dié brief is geen geskrewe verduideliking nog ontvang nie. Net dreigemente en aantuigings.
4) Dawid (en baie ander aandeelhouers, insluitend die voorsitter se vrou) het al verwys dat ons die heinings moet laat sak en sodoende van die oortollige wild ontslae raak. Dit is al waar my geskrewe na Dawid verwys het.
Verduidelikings:
1) Dawid en Tielman Bosch neem ‘n video sonder toestemming van Daan Pretorius terwyl hy (Daan) ‘n hek oop laat. In die hof verduidelik Daan dat hy partykeer die hek oop laat wanneer hy melk kry en dan onmiddellik weer terug keer en dan die hek toemaak. Sy verduideliking word nie aanvaar nie want die hek moet ten alle tye toe wees.
2) In die akte van oprigting van So-Ja staan:
a. (Die een wat ek onderteken het: “Die hek by So-Ja moet gesluit word sodra die laaste aandeelhouer SO-JA verlaat”
b. (‘n Ander en aan my oorhandig) “die hoofhek tot So-Ja moet altyd toegehou word”
3) Een van die aantuigings van Dawid Bosch verlede jaar terwyl ek die bestuur was “die hek staan oop gaan nou en doen jou werk en maak dit toe”.
4) Die foto’s geneem dui duidelik dat die hek oop staan. Vir watter redes ook al, en my vraag aan die bestuur was “waarom?”. Hier verander dinge so vinnig en sonder waarskuwing dat ek moet weet!
Vrae:
1) Iemand (en ek stel nie belang wie nie) het blykbaar afval verwyder en die hek oopgelaat (aldus Dawid). Is daar nou verskillende reëls wat geld? Is dit nie dieselfde geval as verduideliking 1) hierbo nie? Indien nie, hoekom nie? En met Daan was daar nie eers wildheinings hier nie.
2) Sou dit saak gemaak as Dawid hier was of nie?
3) Sou dit saak gemaak het as ek geweet het of Dawid hier was of nie? Ek sou buitendien nie die saak aan hom gerapporteer het nie.
4) Is Dawid dan in beheer van So-Ja dat (volgens Dawid) niks kan gebeur sonder sy aanwesigheid nie? En, wanneer is die aandeelhouers van die terrein bestuurder se aanstelling verwittig? Of, moet ek aanvaar dat Cas Weber ook nou in beheer van die terrein is want hy ook gekies as ‘n direkteur?
5) Het die bestuur nie gevra aandeelhouers moet sake aan die bestuur vermeld wat hulle verkeerd bespeur nie? So, hoekom Dawid se uitbarsting?
6) Watter hek is dan die hoof-hek of, is dit net van toepassing by die pad-hek? Is die rivier-hek nou nie ‘n hoof-hek nie?
Groete
Ernest Bessinger
Posbus 106,
Waterpoort, 0905
073 073 3505
Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/
No comments:
Post a Comment