Tuesday, 25 August 2009

Afval gat

Die voorsitter (Frik Birkenstock)



Frik,



Aangeheg is twee foto’s. Die eerste (Pic 095) is geneem so die begin van Junie en die ander (Pic 246) vanoggend, 25 Augustus 2009.



Meer as ‘n jaar gelede het ek uitgewys dat ‘indien die gat nie toegespan gehou word nie en streng beheer word nie, So-Ja in die algemeen en die bestuur spesifiek die aandeelhouers bloot stel aan regsaksie’ indien iemand seerkry oor die oop gat. By die laaste bestuursvergadering wat ek bygewoon het, het Willie Roux ook hieroor gepraat. Dawid Bosch het almal gerus gestel dat hy in die verlede dit baie streng beheer het (en ek neem aan in die toekoms ook). Ek weet dat gedurende my bestuur tydperk ek dit streng beheer het. Wie nou in beheer is weet ek nie.



Ek het op amper ‘n daaglikse basis die gat se omheining dopgehou. Die twee foto’s is so drie maande uitmekaar en daar kan duidelik gesien word dat die beheer eintlik versleg het. Kan daar asseblief aandag aan geskenk word. Dit stel ander se lewe in gevaar wat onverantwoordelik is want die publiek maak gebruik van die pad reg langs die gat.



Groete

NS Frik, met al die klagtes wat ek moet opper kry ek die gevoel dat die bestuur van So-Ja nie meer gaan oor beheer nie maar oor die politiek van die saak. Dit is nie my plig om poliesman te speel nie maar as dit die enigste uitweg is, wat moet ek maak? Kan jy my raad gee?







Ernest Bessinger
PO Box 106
,

Waterpoort, 0905

073 073 3505





This message contains confidential information and is intended only for the message recipient. If you are not the message recipient you should not disseminate, distribute or copy this e-mail. Please notify the sender immediately by e-mail if you have received this e-mail by mistake and delete this e-mail from your system. E-mail transmission cannot be guaranteed to be secure or error-free as information could be intercepted, corrupted, lost, destroyed, arrive late or incomplete, or contain viruses. Ernest Bessinger therefore does not accept liability for any errors or omissions in the contents of this message, which arise as a result of e-mail transmission. If verification is required please request a hard-copy version.


No comments:

Post a Comment