Die Voorsitter (Frik Birkenstock).
Frik,
Net ter inligting (het eintlik niks met So-Ja te doen nie en tog wel).
Verlede jaar toe ek terrein bestuur gedoen het, het ek ‘n voorstel ingedien om die kommunikasie tussen die arbeid en bestuur te verbeter.
Danksy Anita Bessinger se harde werk en karige pension is die struktuur nou in plek. Dit is nie (op hierdie stadium) vir die bestuur beskikbaar nie want die arbeid moes hulle eie koste dra en voel dit onregverdig dat die bestuur die voordeel geniet. Die verstandhouding met die arbeid is dat sodra ek weer die bestuur oorneem die kommunikasie media gebruik sal word.
Wat ingestel is:
1) Elke arbeider, sy vrou en hulle kinder oppassers toegerus is met ‘n werkende selfone. Daar is nog wat vervang moet word en ons het ‘n paar geskenkte selfone wat afgelewer moet word.
2) By my is goedkoop “stater-packs” beskikbaar om die nommers te verander soos benodig.
3) Anita koop ook vooruit “air-time” vir die arbeid wat sy aan hulle verskaf teen sigwaarde want die wat in die omgewing “air-time” verskaf buit die arbeid uit.
4) Anita verskaf ook ‘n lees diens aan hulle vir die SMS’s wat hulle sou kry en fout boodskappe want nie een van die arbeiders is leesmagtig nie.
Groete
Ernest Bessinger
Posbus 106,
Waterpoort, 0905
073 073 3505
Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/
No comments:
Post a Comment