Die voorsitter (Frik Birkenstock),
Frik,
Dit het onder my aandag gekom dat ek persoonlik verantwoordelik is (en dit moontlik my doelstelling is/ was) om So-Ja (die aandeleblok) bankrot te laat verklaar.
Terwyl ek die So-Ja terrein verlede jaar bestuur het, sou ek as instrument die voorstelle wat ek ingedien het, gebruik het om soveel geld te spandeer dat dit onmoontlik sou gewees het om die aandeeleblok verder te bestuur.
Ek het weer al my voorstelle nagegaan en behalwe vir twee word besparings aangevra. Die twee wat sou geld kos is:
1) ‘n beter kommunikasie stelsel tussen die arbeid en bestuur (‘n groot onkoste wat aangegaan word deur die aangestelde terrein bestuurder en huidig en in die verlede gedek word {onder sekere omstandighede} deur gebruik te maak van ‘n trekker deur die bestuurder. (Ek het die onkoste self gedra sonder om die aandeelhouers enigsins te benadeel).
2) Installering van water meters (‘n voorstel van Tielman Bosch wat jare lank al probeer om dit te bewerkstellig en weer geopper was deur die voorsitter wat gevra het ek moet ‘n voorstel indien).
Om nog verder besparing te bewerkstellig het ek al my eie kostes gedra (en so die aandeelhouers gesubsidieer) en self alle onderhoud (uit my eie sak) gedoen. Ek het gevra vir parte wat aangekoop moes word my arbeid was gratis.
Op dié stadium kan ek nie indink waar ek aspris die aandeelblok sou wou bankrot bestuur het nie.
Die bestuur van die aandeleblok het meer bestuursvernuf (as wat ek tot my beskikking het) om dan vir my uit te wys waar ek sou fouteer het. Daar was dan ook nie op daardie stadium enige objeksie oor die geldsake geopper nie. Nog minder oor my bestuursvernuf. Wat uitgewys was dat my mense verhouding miskien werk benodig. Dus moet dit iets wees wat later uitgewys was. Kan die bestuur my asseblief verwittig?
Groete.
Ernest Bessinger
Posbus 106,
Waterpoort, 0905
073 073 3505
Blog: http://ernestbessinger.blogspot.com/

No comments:
Post a Comment