From: Ernest Bessinger [mailto:ernest.bes@live.co.za]
Sent: 17 July 2009 11:02
To: Birkenstock, Frik (Work)
Cc: Launspach, Elize
Subject: RE: 30A of 40A "trip"
Frik,
Na die laaste persoonlike aanval (terwyl ek So-Ja probeer help) wil ek hiermee kennis gee dat “enige bereidwilligheid van my teenoor So-Ja en sy bestuur verval het”. Maar ek sal my aandeel beskerm (met my lewe as ek moet). Dit gesê:
Frik (in jou persoonlike hoedanigheid en dit het niks met So-Ja te doen nie),
Ek wil die aap van rug af haal en dit vir jou gee.
Die probleem is multi faset en dit hang af van die hoek watter faset nou in gedrang kom. Kom ek probeer verduidelik maar dan moet jy (in jou gedagte) jouself verwyder van die betrokkenheid by die probleem. Jy was mos al ‘n polisieman so, dink jouself in as ‘n ondersoekbeampte.
1) Sou ‘n klag ingedien word (en dis wat my prokureur sou doen) word die statute bestudeer dan die algemene vergadering notules. As dit nie daar is nie is dit hoorsê en nie getuienis nie (ook in ag geneem, mag enige korrespondensie tussen bestuur en aandeelhouers ook gebruik word).
2) Die statute word opgestel vanaf die algemene vergadering notules.
3) Die algemene vergadering notules word opgestel vanaf besprekings en besluite geneem by algemene vergaderings.
4) Die besluite en besprekings by algemene vergaderings kom uit studies van bestuur en spesiale aanvraag van aandeelhouers (en seker nog ‘n boel ander bronne soos noodtoestande).
5) Die besluite is nie van krag totdat sekere stappe gevolg is nie nl.
a. Die meerderheid aandeelhouers moet die besluit goedkeur (anders word dit drakonies van aard en, die wet stel voor dat daarvoor gestem word)
b. Dit moet in alle waarheid gedokumenteer word (soos voorgestel deur die wet)
c. Op die volgende algemene vergadering moet wysigings aangebring word of dit bekragtig. Dit word dan ook aanvaar dat indien daar nie wysigings of klagtes is nie dan is dit bekragtig.
6) Die Maatskappy wet verplig die bestuur om te verseker dat gevalle akkuraat gerapporteer word in gestippuleerde stappe en dokumente wat bekendstaan as notules.
7) Die notules kan ingehandig word in ‘n hof as bewys stukke. Soos dit geskryf is, so is dit afdwingbaar. Maak nie saak wat die bedoeling (of bybedoeling) was nie.
Nou hierdie is agtergrond en alle aandeelhouers behoort bewus te wees van die stappe en redes. Maar die agtergrond is benodig om te staaf dat ‘n moontlike wet verbreek is.
My ondersoek het die volgende opgelewer:
1) In die AJV (Algemene jaar vergadering) van 2008 word begrotings bespreek. Die bestuur gee aandeelhouers die reg om hulle “trip switches” op te gradeer teen eie koste. Wie dit gemotiveer het en of daaroor ‘n ondersoek geloods was om dit staaf, is daar geen duidelikheid oor nie. Nog minder of die meerderheid dit goedgekeur het. Wat baie duidelik is dat die meerderheid tevrede was met die vorige besluit en dat dié spesifieke besluit vir ‘n selektiewe groep bedoel was.
2) Verder klink dit dat motivering vir so ‘n besluit gebaseer was op ‘n misverstand oor die sluit van die kassies. Maar miskien was dit ‘n instrument om die aandeelhouers en bestuur te mislei. Dus is dit duidelik dat geen ondersoek na die werklikheid geloods was nie. Dit kan ook gesien word dat die bestuur die aandeelhouers kon mislei maar, dis nog nie die eintlike probleem nie.
3) Party aandeelhouers is ontsteker oor wat die ware besluit (en was daar ‘n besluit geneem is) of was dit net bespreek? Is die aandeelhouers hier mislei deur geheime agendas?
4) Onder die begroting in algemene vergadering (asof dit ‘n ondersoek is wat voorheen goedkeur is en dit suiwer ‘n finansiële besluit is) verskyn die volgende “Vermeerdering kragtoevoer – tans 20 Ampere per huis (sic) word verhoog na 40 Ampere per huis (sic) maar dit moet op eie koste verander word in die toevoerkas asook die distribusie kassie in die huis”. Op die 2009 AJV vind ek geen wysiging hieroor nie. So, kom ons aanvaar dat wat geskrewe is dan ook bekragtig is en dan beteken dit die volgende:
a. Elke huis het nou ‘n maksimum krag toevoer van 40 Ampere in die huis en ten minste 50 Ampere in die distribusie kassie.
b. Elke standplaas het nou ‘n aansluit punt mits dit ‘n “huis” het. Volgens die staat word selfs ‘n karavaan as huis toegelaat.
c. Elke “grany flat” of ander gebou wat apart op dieselfde standplaas is kan nou sy 40 Ampere kragpunt.
d. Niemand mag ‘n kragpunt van minder as 40 Ampere in die huis in sit nie want dit beskryf nie ‘n maksimum nie maar ‘n vasgestelde waarde.
5) Kom ons aanvaar dat die geskrewe woord eintlik misleidend is en nie waarheid vertel nie dan beteken dit:
a. Wie ook al die notules geneem het ‘n wet verbreek het deur misleide verduidelikings op te dis. Mag dit ‘n misverstand wees? Dit beteken dat enigeen wat in die 2009 AJV wetend die punt laat bekragtig het, hom of haarself bloot stel aan ‘n aanklag.
b. Dit is bekragtig en kan nie sommer nou reggestel word nie.
6) Steve Launspach in die geskrewe na my maak duidelik dat hy geweet het van die ware toedrag van die bespreking en ondersoek. Dit beteken die volgende:
a. Toe die voorsitter gevra het of hy die notules gelees het, het jy nie “nee” geantwoord nie. Hy erken dus dat weet wat geskrewe was.
b. Hy het ook nie die punt laat wysig toe daarvoor gevra was nie. Dus het hy wetend die punt laat deurglip.
c. As ons aanvaar dat dit Steve onwetend dit laat deurglip het by die AJV dan moet daar ook aanvaar word die bestuur hulle pligte versuim het om die notules te oudit. Vernaam met die dat Steve erken dat hy bewus is van die ware toedrag van sake (maar miskien probeer Steve my mislei met lieg stories? Het hy werklik geweet?). Maar volgens Steve sal enigeen wat die vergadering bywoon weet.
Maar dis nie hopeloos nie. Sou ek pro bono konsultasie werk vir So-Ja doen sou ek die volgende voorstel (maar gelukkig is dit nou nie meer my probleem nie):
1) Die rapport wat Hennie en Steve moet doen moet die punte duidelik uitwys (soos bo genoem vernaam die multi “trip switches” per aandeel).
2) Die bestuur moet op een van die bestuur vergaderings besluit dat dit moet reggestel word want verbreek die grondwet van So-Ja
3) Op die volgende AJV moet die bestuur die fout uitwys (miskien verskoning vra) en vra dat dit reggestel word deur heel moontlik stemming (dit maak dan die aandeelhouers deel van die oplossing)
4) Intussen (as dit moontlik is) kan die installasies gedoen so gehou word maar sal die aandeelhouers dit moet verwyder as ‘n klag in gedien word. Moenie probeer om speletjies daarmee te speel nie. Dit is grondwet probleem en niks persoonliks nie.
Geniet die aap J
Groete
Ernest
No comments:
Post a Comment