Tuesday, 4 August 2009

Swenbad pomp

 

 


From: Ernest Bessinger [mailto:ernestbes@mtnloaded.co.za]
Sent: 09 July 2009 09:20
To: Birkenstock, Frik (Work)
Cc: Launspach, Elize
Subject:

 

Frik

 

Aangeheg is vier foto’s. Dit het onder my aandag gekom dat die een swembad pomp uitgebrand het. Die foto’s is geneem van die pomp. Dit is geneem om 06:55 op 9/7/2009. Dus is die lig nie baie sterk nie en foto’s bleik uit fokus te wees. Ek sal later (as die son op is) weer foto’s neem om te staaf wat ek gaan verduidelik.

 

Verduideliking:

1)       Die motor het nie uitgebrand nie. Dit mag nou beskadig wees as gevolg van die brand.

2)       Die brand het ontstaan in die distribusie kassie van die motor. Maar die buite “earth-leakage” het nie die brand beskerm nie.

3)       Die binne (in DB-kassie) “earth-leakage” het nie die brand beskerm nie.

4)       Die kassie is van plastiek maar staan op die grond en daar moes ‘n lekkasie voorgekom het wat aarde toe gegaan het.

5)       Omdat die eenheid buite staan moet die motor sy eie “earth-leakage” stelsel bevat wat dan gevoer word na ander “earth-leakage” wat dan die buite draad beskerm.

6)       Die motor sou die “trip-switch afgesit het dit te swaar begin trek het. So ook die “timer”

7)       In die pomp kassie moet daar ‘n “trip-switch” wees vir:

a.       Die pomp

b.       Die timer

c.       Albei moet ook deur gevoer word na die “earth leakage”

8)       In die gebrande stukke van die pomp kassie vind nie oorblyfsels van die volgende nie:

a.       Die stukke van die “earth-leakage”

b.       Die stukke van die “trip switches”

c.       Die “timer”

9)       Dit is asof iemand stukke verwyder het end sodoende ‘n brand veroorsaak het en ter selfde tyd aandeelhouers en besoekers in lewens gevaar gestel het. Die bestuur in die algemeen en Dawid spesifiek is in beheer en as hulle nie beheer uitoefen nie, moet hulle beheer maatreëls instel sodat dit nie weer kan gebeur nie.

10)   As my verduideliking waar is, sal geen assuransie sommer in hierdie geval uitbetaal nie.

 

Byvoeging:

1)       In die algemene vergadering vra Dawid toestemming om die pompe in die nag af te skakel want “iemand” peuter met die “timers”

2)       Dis nie ware toedrag van sake nie. Eintlik is dit leuens. Wanneer die krag af gaan (en dit gebeur gereeld) gaan staan die “timers” en hou dit nie tyd nie. Partykeer sal iemand gaan en probeer om die tyd weer reg te stel maar met Dawid se houding het aandeelhouers besluit om nie meer te help nie.

3)       Daar is een elektroniese “timer” wat ‘n kapasitator het wat dien as battery. Die meganiese “timers” verloor tyd sonder krag.

4)       Die meganiese “timers” kry stof in stop dan self. Die elektroniese “timers” het geen bewegende parte nie. Vervang dus al die meganiese “timers” met elektroniese timers (daar is reeds een en dus is net drie benodig).

5)       Om Dawid se versoek te bevredig is daar dan met die elektrisiteit gepeuter?

 

 

Ek sal graag die antwoord wil hoor. Laat my weet wat jy dink.

 

Ernest Bessinger

13A So-Ja.

 

No comments:

Post a Comment