Tuesday, 4 August 2009

Game Drives

 

 


From: Frik Birkenstock [mailto:frik@sterkinekor.com]
Sent: 12 May 2009 10:31
To: Ernest Bessinger
Subject: RE: Game Drives

 

Ernest,

 

Baie dankie vir jou raakvat. Ek sal die bekommernisse met Dawid bespreek.

Sien jy kans om 'n konsepvoorstel te doen vir die vrywaringsbrief, onder huidige omstandighede.

Ek gaan poog om so gou doenlik aan tepas by jou bekommernisse!

 

So-Ja groete,

 

Frik Birkenstock

Mobile # 082 871 0834

 

 

 


From: Ernest Bessinger [mailto:ernestbes@mtnloaded.co.za]
Sent: Mon 2009/05/11 06:00 PM
To: Launspach, Elize; Frik Birkenstock
Subject: Game Drives

Frik,

 

Ek sien by die laaste Algemene vergadering (gehou 2 Mei 2009 te So-Ja) is daar ‘n besluit aanvaar om besoekers,  aandeelhouers and publiek in die algemeen, om So-Ja te neem teen R100 per “wild” besigtiging toer. Dit is ook algemeen aanvaar dat Dawid Bosch die gewese bestuurder en drywer van so ‘n toer sal wees. Daar is ook verder ‘n algemeen besluit geneem wat toelaat dat So-Ja se plastiese stoele bo-op die sleepwa sal gesit word om daardeur dan sitplek vir die besoekers te kan voorsien. Omdat die twee gevalle voorheen so bestuur was en nie in detail in die vergadering bespreek was nie, moet ek aanvaar dat dit die detail vir die toekoms is? Die bespreking het net gegaan oor die bedrag en aanvaar dat die aandeelhouers saamstem met die beginsel? Daar is ook geen besluit geneem wat die detail dan oorlaat vir die bestuur se goeddunke nie. Al ander bespreking was gewees oor hoekom ander aandeelhouers, en spesifiek Gert Nel, nie ook genooi was nie. Die voorsitter het bevestig dat Dawid toestemming geniet het en dat R2 per kop gevra was vir die diens.

 

Ek moet ten sterkste beswaar maak teen die besluit. Maar, tensy die teendeel bewys kan word vra ek ter voorbaat verskoning vir my beswaar.

 

Met jare se ondervinding in die assuransie bedryf, waar ek selfs aktuarisse bygestaan het om assuransie stelsels te ontwikkel, bring ek dan my beswaar ten lig.

 

My redes vir die beswaar is as volg:

1)       Dawid Bosch is nie ons aangewese trekker drywer nie en sou iets gebeur met Dawid, sleepwa of trekker sal geen assuransie eis uitbetaal nie (lewens of respirasies). In teendeel enigeen wat toestemming gee vir die saak kan persoonlik aanspreeklik gehou word. Dit geld nie net vir die toer nie maar ten alle tye wat die nie aangewese drywer die trekker sou gebruik. Al is hy ‘n direkteur. Daar is ‘n uitsondering wat ek van weet en dit is wanneer ons ‘n nuwe trekker drywer sou oplei en dan gebeur dit streng onder die beheer van die aangewese drywer.

2)       Volgens die voertuig wet mag ‘n voertuig net gebruik word vir doel waarvoor dit gebou, of ontwerp, is. Die trekker is wel ontwerp om ‘n sleepwa te sleep maar, daardie spesifieke sleepwa is nie ontwerp om mense te vervoer nie. As ‘n werklike ongesiene ongeluk gebeur met die “passasiers” op die sleepwa sal nie enige dekking van enige assuransie wat So-Ja tot nou aangeskaf het, uitbetaal nie. Al het ons die aangewese drywer in plek.

3)       Wanneer ‘n moedswillige wanbalans veroorsaak word wat mense se lewens in gevaar stel betaal assuransie nie. In teen deel laat hulle ‘n Polisie ondersoek vir nalatigheid.Plastiese stoele bo-op ‘n sleepwa veroorsaak ‘n fisiese wanbalans deur:

a.       Die stoele kan beweeg en is nie baie stabiel bo-op ‘n bewegende voertuig nie.

b.       Die sleepwa het nie skokbrekers wat kan help om stampe te absorbeer nie stampe gaan almal stoel toe.

c.       Daar is geen grepe op die stoele om aan vas te hou nie.

d.       Die plastiese stoele is nie gebou vir beweging nie en mense kan maklik afgly.

e.       Die plastiese stoele kan self invou deur een been wat vashaak of gly vernaam met die stampe wat alles deur die stoel gaan.

f.          Met die stoele bo-op verhoog die “passasier” se ewewigsgrens en dit is maklik om van hulle van die stoele “af te gooi”.

4)       Omdat die bestuur die mense “uitnooi” aanvaar die wet dat So-Ja die verantwoordelikheid aanvaar. By voorbeeld as ‘n genooide gas sou gly binne my huis dra ek die verantwoordelikheid vir sy veiligheid. Sou ek ‘n ryloper oplaai is ek verantwoordelik vir sy veiligheid. Dit is waar saamry klubs vasgebrand het. ‘n Vrywarings dokument moet onderteken word.

 

Ek vra dat aan my uitgewys word waar die uitsluitsel in ons assuransie/s is.

 

Groete

Ernest Bessinger

13a So-Ja

 

 

 

 

 


--
This message has been scanned for viruses and
dangerous content by Pinpoint Securemail,
and is believed to be clean.

Please read our online Email Disclaimer and confidentiality notice.

No comments:

Post a Comment