Monday, 3 August 2009

Wild Slagtery

 

 


From: Ernest Bessinger (So-Ja) [mailto:so-ja@mtnloaded.co.za]
Sent: 23 May 2009 09:40
To: Birkenstock, Frik (Work)
Cc: Launspach, Elize
Subject: Wild Slagtery

 

Frik,

 

Verlede jaar is daar toestemming verleen dat daar geslag mag word langs die pomp kamer.  Deon Retief het dan ook ‘n blad ingesit. Onlangs is daar dan ook ‘n raam laat maak en ingesit om die slagtery te vergemaklik. Sien aangehegte foto (Picture 064) wat die kontrapsie weergee.

 

Met die afgelope slagtery is daar besluit dat:

1)       Die bogenoemde slagplek nie sal gebruik word nie want dit sal die plek waar mense woon laat stink en sleg ruik.

2)       Dit is ongesond om te slag waar mense woon.

3)       Die woongebied waar die arbeiders woon sal gebruik om te slag.

4)       ‘n Nuwe pale stelsel is dan ook opgesit (sien aangehegte foto (Picture 061).

 

Ek het nog altyd kapsie gemaak oor die slagtery onder die boom langs die pomphuis. Juis vir die rede wat die slagters noem maar, is vertel dat ek negatief is. Maar, nou het ek ‘n groter probleem. Met die verskuif dui die slagters die volgende:

1)       Die arbeiders is nie mense nie en/ of

2)       Dit is net ongesond om te slag waar mense woon maar nie arbeiders nie en/of

3)       Die arbeiders kan maar met die stank sit en/ of

4)       Die arbeiders het nie reg om te kla nie, in elk geval

 

Groete

 

Ernest Bessinger

13A So-Ja

No comments:

Post a Comment