Monday, 3 August 2009

Sleep van paaie

 

 


From: Ernest Bessinger [mailto:ernest.bes@live.co.za]
Sent: 01 June 2009 12:05
To: Birkenstock, Frik (Work)
Cc: Launspach, Elize
Subject: Sleep van paaie

 

Frik,

 

Ek het al voorheen hieroor gepraat maar op daardie stadium het ek gedink Dawid is aspris. Nou weet ek van beter. Dawid sal nooit iets op So-Ja doen sonder toestemming nie.

 

Nou vra ek weer mooi. Baie mooi. Moet nie Dawid toestemming gee om die pad voor my behuising te sleep nie. Tensy ek daarna vra (en ek sal die koste betaal).

 

Vandag (omdat Simon met verlof is) het die voorsitter en of die bestuur Dawid toestemming gegee om die pad voor my te sleep. Ek het geen probleem dat paaie gesleep word nie. Dawid sal nooit voor hom sleep nie want dit veroorsaak stof. Voor my maak ons spesifiek die pad nat sodat dit verhard en die stof verlaag. So, ek wil nie die pad gesleep hê nie. Dit dolwe die oppervlakte op en veroorsaak stof.

 

Juis vandag dat my vrou wasgoed was is die pad gesleep. Dit kos ons weer die wasgoed was. Weet dis ons probleem maar, veroorsaak deur die bestuur!!!

 

As Dawid gunsies en gawes aan ander gee, goed. Moet net nie ander benadeel nie. Ek weet Dawid is wel ‘n 2% aandeelhouer en hy verwag dat daar nie voor hom gesleep word nie. Wat dan van my 2%.

 

Groete

Ernest Bessinger

13A So-Ja.

No comments:

Post a Comment